Menu
  • Tuisblad
  • Meer oor Ons
  • Program eBeeldskool
    • Afrikaanse Leerders
  • English Learners
  • Registrasie eBeeldskool Graad 8-10
    • GRAAD 8-10 VORMS
    • Graad 8 Registrasie
    • Graad 9 registrasie
    • Graad 10 registrasie
  • Registrasie eBeeldskool Graad 11-12
    • GRAAD 11 VORMS
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • GRAAD 12 VORMS
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • BESTE WENSE
  • Registrasie Vraestelvoorbereiding
    • Julie: Universiteit van Pretoria
    • Julie: Noordwes Universiteit
    • Oktober: Vraestelvoorbereiding
  • NBT Registrasie
    • NBT Inligting
    • NBT registrasie
    • NBT Registration
  • Kreatiewe Skryfkompetisie
    • INLIGTING
    • Kompetisie inligting
    • Kompetisie e-Publikasies
    • Kompetisie Seminaar
    • REGISTRASIEVORMS
    • Registrasie: Poësie-afdeling
    • Registrasie: Opstelafdeling
    • UITSLAE
    • Uitslae Poësie
    • Uitslae Opstelafdeling
  • Onderwysersopleiding
    • INLIGTING
    • Inligting vir Onderwysers
    • Seminaar/Seminar
    • REGISTRASIE / REGISTRATION
    • Registrasie: Grafiese Ontwerp
    • Kunsmatige Intelligensie / Artificial Intelligence
    • Kreatiewe Media-ontwerp
    • Adobe Creative Cloud
    • Registrasie: Microsoft Office
    • Registrasie: Tegnologie
    • Tegnologie Winkel
  • Tegnologie Winkel
  • Borgskappe en Bemarking
  • Koerantbestellings
  • Skoolkoerantkursus
  • Oefenvraestelle
    • Publikasie-inligting
  • Kontak Ons
  • Tuisblad
  • Meer Oor Ons
  • Program eBeeldskool
    • Afrikaanse Leerders
  • English Learners
  • Registrasie eBeeldskool Graad 8-10
    • GRAAD 8-10 VORMS
    • Graad 8 Registrasie
    • Graad 9 Registrasie
    • Graad 10 Registrasie
  • Registrasie eBeeldskool Graad 11-12
    • GRAAD 11
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • GRAAD 12
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • BESTE WENSE
  • Registrasie Vraestelvoorbereiding
    • Julie: Universiteit van Pretoria
    • Julie: Noordwes Universiteit
    • Oktober: Vraestelvoorbereiding
  • NBT Registrasie
    • NBT Inligting
    • NBT registrasie
    • NBT Registration
  • Kreatiewe Skryfkompetisie
    • INLIGTING
    • Kompetisie inligting
    • Kompetisie e-Publikasies
    • Kompetisie Seminaar
    • REGISTRASIEVORMS
    • Registrasie Poësie-afdeling
    • Registrasie: Opstelafdeling
    • UITSLAE
    • Uitslae Poësie
    • Uitslae Opstelafdeling
  • Onderwysersopleiding
    • INLIGTING
    • Inligting vir Onderwysers
    • Seminaar/Seminar
    • REGISTRASIE/REGISTRATION
    • Registrasie: Grafiese Ontwerp
    • Kunsmatige Intelligensie / Artificial Intelligence
    • Kreatiewe Media-ontwerp
    • Adobe Creative Cloud
    • Registrasie: Microsoft Office
    • Registrasie: Tegnologie
    • Tegnologie Winkel
  • Tegnologie Winkel
  • Borgskappe en Bemarking
  • Koerantbestellings
  • Skoolkoerantkursus
  • Oefenvraestelle
    • Publikasie-inligting
  • Kontak Ons



Skryfkompetisie: Afrikaans Huistaal Hoërskole
Afrikaans: "Dit is ons erns" - Dr DF Malan (1908)






OPSTELAFDELING: INSKRYFVORM VIR AFRIKAANS HUISTAAL HOËRSKOLE 2026





Deur hierdie vorm te voltooi bevestig u as vakonderwyser dat u skoolhoof kennis dra van die kompetisie deelname en sy/haar goedkeuring wegdra.

ITEMS MET 'N ROOI ASTERISK WORD VEREIS *

Die vorms wat u moet voltooi is 'n belangrike kontrole vir ons (sien die kreatiewe skryfkompetisie handleiding). Alle vorms en kreatiewe skryfwerk moet elektronies opgelaai word. U laai dus die volgende op in PDF-formaat:

Stap 1: Die opsommenderlys van leerlinge per skool (elektroniese oplaai by gegewe ruimte)

Stap 2: Die elektroniese registrasie per leerling (voltooi op die webblad)

Stap 3: Laai die leerders se kreatiewe skryfwerk op by die aangewese oplaairuimte. Die opsommenderlys moet as voorblad dien vir die volledige versameling van alle leerders se skryfwerk wat opgelaai word (onderaan hierdie registrasievorm). Die leerlinge se skryfwerk moet duidelik gemerk word (Plaas die volgende op die skryfstuk van elke leerling: naam van leerling, graad, titel, opstelkategorie en naam van skool)

NOTAS:

Skole word vriendelik versoek om die opsommenderlys van leerlinge en skryfwerk van leerders in een dokument op te laai (items 1 en 3).

Maak asseblief seker u het elke deelnemende leerling elektronies geregistreer (voltooi hieronder op die webblad)

  • Leerlinge word toegelaat om een skryfstuk per afdeling in te skryf. Elke afdeling het 'n aparte inskryfvorm en volg die prosedures asseblief noukeurig.

  • Maak seker dat u die afdelings en kategorieë skei, bv. u kan nie afrikaans huistaal en afrikaans EAT op dieselfde vorms registreer of skryfwerk op dieselfde oplaairuimte oplaai nie.

  • Indien u byvoorbeeld tien leerlinge vir huistaal inskryf, moet u die 10 skryfstukke in een dokument gesamentlik oplaai. Sodanige dokument moet nie groter as 10MB wees nie, indien wel groter, kan u dit skei en oplaai in twee dokumente van 10MB elk. Die opsommenderlys moet die eerste bladsy daarvan wees.

  • Geen e-pos gaan aanvaar word nie.





Indien u 'n gmail adres invul (eerste e-pos), sal u 'n outomatiese respons vanaf die webtuiste ontvang. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi.


Indien u 'n gmail adres invul (eerste e-pos), sal u 'n outomatiese respons vanaf die webtuiste ontvang. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi. Gebruik asseblief Microsoft Edge, Safari, of Firefox op u selfoon om die vorms te voltooi.





Elektroniese submissie van die dokumentasie en inskrywings: Opstelafdeling

Nadat u elke leerder individueel hierbo geregistreer het, moet u asseblief die volgende hieronder elektronies oplaai:

  1. Die opsommenderlys van leerlinge per skool (elektroniese oplaai).

  2. Die leerlinge se skryfwerk (Plaas die volgende op die skryfstuk van elke leerder: naam van leerling, graad, titel, opstelkategorie en naam van skool).

Merk u leêrs (folders) duidelik met u skool se naam, bv HSMontana, LSBoskruin, HTSKruinsigland.

U MOET alle dokumentasie in een PDF hier oplaai. Die dokument mag egter nie groter as 10MB wees nie. Indien wel groter, moet u ons asseblief kontak. Met die korrekte stellings op u skandeerder is die perk van 10MB en een dokument haalbaar. Merk u PDF-dokumentasie duidelik soos hierbo aangedui. Moet asseblief nie leerlinge se skryfwerk individueel oplaai nie. Maak die opsommenderlys asseblief die voorblad van u dokument

U moet 'n Google Gmail of Google rekening besit om die dokumentasie op te laai. Soms sal u die ReCaptcha moet voltooi. Na suksesvolle oplaai sal u op die skerm 'n boodskap van suksesvol ontvang.



OPSTEL- EN OPE-AFDELING: LAAI U SKOOL SE SKRYFWERK EN VERWANTE DOKUMENTASIE HIER OP (Afrikaans Huistaal HS)



NEEM ASSEBLIEF KENNIS: Hierdie webtuiste stuur 'n outomatiese respons aan u met bostaande inligting nadat u die STUUR knoppie gedruk het. Indien 'n bepaalde veld nie voltooi is nie, sal u herlei word na die onvoltooide veld, voordat u kan stuur. Indien u nie hierdie outomatiese respons ontvang nie (binne 10min), het u waarskynlik u e-pos verkeerd voltooi of dit kon in u SPAM houer beland het, of u het nie die ReCaptcha voltooi nie. Indien u na nog 'n poging niks ontvang nie, kontak ons asseblief: KONTAK VORM



Reëls en Inskrywingsprosedure

Kreatiewe Skryfwerk wat tussen Januarie en Augustus 2026 geskryf is, kan ingeskryf en opgelaai word.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 September 2026 en moet ons verkieslik voor die datum bereik.

Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie gevoer word nie.

  1. Daar moet 'n opsommenderlys van al die inskrywings opgelaai word. Dit moet die voorblad wees van u oplaaidokument. Die lys is ingesluit by die handleiding vir die kreatiewe skryfkompetisie en is vir aflaai beskikbaar.

  2. Dit is vir kontrole.

  3. Leerlinge moet elektronies geregistreer word.

LET WEL:

Die skool kan die beste werk van slegs 3 leerlinge per graad inskryf(Dus, slegs 3 skryfstukke per graad). Hoërskole kan dus 15 leerlinge inskryf, as hulle sou verkies om meer as 3 per graad in te skryf, moet daar net ten minste inskrywings van elke graad wees. Laerskole kan dus 12 leerlinge inskryf en daar moet ook ten minste inskrywings van elke graad wees as hulle meer as 3 by 'n graad inskryf.

Dieselfde getal inskrywings geld vir die ope-afdeling

Dit moet getik wees en dit moet elektronies opgelaai word.

Beeld gee nie individuele terugvoer aan skole, onderwysers, ouers of leerlinge nie, maar algemene terugvoer en wenke sal na afloop van die kompetisie beskikbaar gestel word. 


BEPALINGS EN VOORWAARDES

TEGNOLOGIESE VEREISTES is die skool se verantwoordelikheid en Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelykheid vir inskrywings wat ons nie bereik nie vir watter rede ook al.

Alle inskrywings bly die besit van Beeld en behou die reg om unieke skryfwerk van leerlinge te publiseer (in die koerant en of in boekformaat), met naam-erkenning aan die skrywers daarvan, sonder enige verdere verpligting teenoor die individuele skrywers. Deur in te skryf, verbind u uself aan die bepaling en voorwaarde.

Deur vir die kompetisie in te skryf, waarborg die deelnemer dat hy of sy die alleeneienaar van die skryfwerk en die enigste kopiereg-eienaar van die inhoud van die kreatiewe skryfwerk (materiaal) is. Slegs ongepubliseerde werk kom in aanmerking vir hierdie kompetisie en deelnemers moet die verklaring(s) op die aanlyn indieningsvorm afmerk wat sertifiseer dat hul inskrywing hul eie, oorspronklike ongepubliseerde inskrywing/werk is en ook nie kunsmatig gegenereer is nie. Beeld behou die reg om wenners se skryfwerk aan hierdie riglyn te verifieer. Beeld en die beoordelaarspaneel behou die eksklusiewe reg voor om skryfstukke wat nie ’n leerling se eie oorspronklike werk is nie, of op enige kunsmatige wyse gegenereer is, na eie goeddunke te diskwalifiseer. Beeld behou die reg om kompetisiereëls te verander of te wysig sonder kennisgewing.




HANDLEIDING VIR DIE KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE: OPSTELAFDELING


Die handleiding bevat die nodige dokumentasie soos die inskrywingsvorm, prosedure vir die inskrywings, asook die opsommenderlys wat u saam met die die leerlinge se kreatiewe skryfwerk moet oplaai.


OPSTELAFDELING: LAAI DIE SKRYFKOMPETISIE DOKUMENTASIE HIER AF

OF

KLIEK HIER OF OP DIE BEELD OM DIE ONDERSTAANDE DOKUMENT OOP TE MAAK


U kan op die onderstaande beeld kliek om die dokument af te laai om sodoende die volledige inskrywingsvorm en die opsommerderlys te bekom vir voltooiing, of te lees.


Stacks Image 35









Die AON is die hoofborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

Multidimensions is 'n kursusborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

Afrikaans.com is 'n medeborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

Kontak E-Beeldskool vir navrae rakende die Kreatiewe-Skryfkompetisie



TERUGVOER VANAF OUERS EN LEERLINGE

"Dit voel of ek basies in die klas sit en vir die onderwyser luister terwyl hulle die klasse aanbied". (Joelene)

Kommentaar van ouers:

"Hi Elize, hoop dit gaan goed....wil net vir jou se Monique se sy het nooit vierkant voltooing verstaan nie, maar na nou die dag se les verstaan sy dit 100% baie dankie. Jul klasse is ook van uitstaande gehalte...jul moeite is met een woord fantasties....ons is baie beindruk. Mooi aand....groete Lizanne"

Ek wil julle net bedank vir die voortreflike wiskunde klasse wat julle vir die Gr. 8-leerlinge aangebied het. Susan se punte het van 70 persent na 97 persent verbeter.  Nogmaals baie dankie Ilsa van Niekerk

Hy geniet die klasse – onderwysers is baie goed en die notas is uitstekend – goed opgedeel in verskillende onderwerpe. Elke week se klas is ook lekker, gee hom geleentheid om rustig, op n geordende manier, deur alles te gaan en hersiening te doen. Baie bly ons het ingeskryf. Ouer van Heinrich

Ek wil net laat weet my kind LOVE die wiskunde klas hy sê die Mnr verduidelik so goed 🥰 . Hy hou sommer nou baie van Wiskunde

Ek kan nie genoeg dankie se vir Beeld vir hul bydrae en ondersteuning aan ons matireks hierdie jaar nie. Hoe min het ons in Februarie maand geweet dat hierdie 2020 soveel uitdagings sal bied nie. Ek raak skoon emosioneel wanneer ek die eksamen gebed lees - en is opreg dankbaar dat ons Hemelse Vader Engele soos julle na ons toe stuur om ons kinders te dra deur hierdie eksamen voorbereiding.

Kan jy asb vir elke onderwysers, tegniese ondersteuner, en wie ookal nog betrokke is by Beeldskool my dankbetuiging aanstuur. Ten spyte van Covid en loadshedding het julle steeds soos een man agter ons kinders gestaan en uit julle pad uit gegaan om Beeldskool suksesvol te maak.

Julle het geslaag in julle doel Mag julle ryklik geseen word. Ouer van Joelene


Tegnologie Winkel

Meer oor Ons

Terugvoer

Kontak Ons

Borgskappe en Bemarking

Terme van Gebruik

Privaatheidsbeleid

Virtuele Kampus







Nuusbrief Intekenvorm



Kontaknommer:
(011) 412-7117

Beeld Adres:
272 Pretoria Road
Ferndale
Randburg

2194


Netwerk24 & Die Burger Adres:
Nasperssentrum
40 Heerengracht
Kaapstad

8001



© 2000-2026 DuxEdMedia™/e-Beeldskool™/Beeldskool™/Beeld in Onderwys™/Leer&Presteer™/Kreatiewe Skryfkompetisie™/Oefenvraestelle™