Menu
  • Tuisblad
  • Meer oor Ons
  • Program eBeeldskool
    • Afrikaanse Leerders
  • English Learners
  • Registrasie eBeeldskool Graad 8-10
    • GRAAD 8-10 VORMS
    • Graad 8 Registrasie
    • Graad 9 registrasie
    • Graad 10 registrasie
  • Registrasie eBeeldskool Graad 11-12
    • GRAAD 11 VORMS
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • GRAAD 12 VORMS
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • BESTE WENSE
  • Registrasie Vraestelvoorbereiding
    • Julie: Universiteit van Pretoria
    • Julie: Noordwes Universiteit
    • Oktober: Vraestelvoorbereiding
  • NBT Registrasie
    • NBT Inligting
    • NBT registrasie
    • NBT Registration
  • Kreatiewe Skryfkompetisie
    • INLIGTING
    • Kompetisie inligting
    • Kompetisie e-Publikasies
    • Kompetisie Seminaar
    • REGISTRASIEVORMS
    • Registrasie: Poësie-afdeling
    • Registrasie: Opstelafdeling
    • UITSLAE
    • Uitslae Poësie
    • Uitslae Opstelafdeling
  • Onderwysersopleiding
    • INLIGTING
    • Inligting vir Onderwysers
    • Seminaar/Seminar
    • REGISTRASIE / REGISTRATION
    • Registrasie: Grafiese Ontwerp
    • Kunsmatige Intelligensie / Artificial Intelligence
    • Kreatiewe Media-ontwerp
    • Adobe Creative Cloud
    • Registrasie: Microsoft Office
    • Registrasie: Tegnologie
    • Tegnologie Winkel
  • Tegnologie Winkel
  • Borgskappe en Bemarking
  • Koerantbestellings
  • Skoolkoerantkursus
  • Oefenvraestelle
    • Publikasie-inligting
  • Kontak Ons
  • Tuisblad
  • Meer Oor Ons
  • Program eBeeldskool
    • Afrikaanse Leerders
  • English Learners
  • Registrasie eBeeldskool Graad 8-10
    • GRAAD 8-10 VORMS
    • Graad 8 Registrasie
    • Graad 9 Registrasie
    • Graad 10 Registrasie
  • Registrasie eBeeldskool Graad 11-12
    • GRAAD 11
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • GRAAD 12
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • BESTE WENSE
  • Registrasie Vraestelvoorbereiding
    • Julie: Universiteit van Pretoria
    • Julie: Noordwes Universiteit
    • Oktober: Vraestelvoorbereiding
  • NBT Registrasie
    • NBT Inligting
    • NBT registrasie
    • NBT Registration
  • Kreatiewe Skryfkompetisie
    • INLIGTING
    • Kompetisie inligting
    • Kompetisie e-Publikasies
    • Kompetisie Seminaar
    • REGISTRASIEVORMS
    • Registrasie Poësie-afdeling
    • Registrasie: Opstelafdeling
    • UITSLAE
    • Uitslae Poësie
    • Uitslae Opstelafdeling
  • Onderwysersopleiding
    • INLIGTING
    • Inligting vir Onderwysers
    • Seminaar/Seminar
    • REGISTRASIE/REGISTRATION
    • Registrasie: Grafiese Ontwerp
    • Kunsmatige Intelligensie / Artificial Intelligence
    • Kreatiewe Media-ontwerp
    • Adobe Creative Cloud
    • Registrasie: Microsoft Office
    • Registrasie: Tegnologie
    • Tegnologie Winkel
  • Tegnologie Winkel
  • Borgskappe en Bemarking
  • Koerantbestellings
  • Skoolkoerantkursus
  • Oefenvraestelle
    • Publikasie-inligting
  • Kontak Ons



Inligting: Kreatiewe Skryfkompetisie

Inligting: Kreatiewe Skryfkompetisie
Afrikaans: "Dit is ons erns" - Dr DF Malan (1908)




Stacks Image 1319
Stacks Image 1316






NETWERK24 KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE 2025




Die nooi wat haar Europese skoene daar anderkant uitgeskop het, Indonesiese sokkies aangetrek het en haar vellies hier in Afrika kom vasmaak het; hierdie skat wat ons Afrikaans noem. Chris Chameleon

Internasionale moedertaaldag: 21 Februarie 2025






Stacks Image 2428

Lees al die nuus oor die vorige wenners onder die toepaslike kieslysbalkie: Uitslae

Deelname is gratis en skole landwyd (alle provinsies) mag aan die kompetisie deelneem.

Die kompetisie is ook oop vir skole in Namibië.

Poësie-kompetisie se sluitingsdatum: 1 Augustus 2025.

Opstelkompetisie se sluitingsdatum: 1 September 2025.





VIR U AANDAG

Ons bied meer kreatiewe skryfgeleenthede vir leerlinge en onderwysers/skole vanjaar. NUUT: DAAR IS GELEENTHEID VIR ONDERWYSPERSONEEL OM SELF DEEL TE NEEM AAN DIE POËSIE-AFDELING. Elke afdeling het sy eie reëls en inskrywingsprosedures, handleidings, asook eie elektroniese registrasievorms en onderskeie sluitingsdatums.

* Kreatiewe skryfkompetisie: Opstelafdeling (2025)

Sluitingsdatum: 1 September 2025

Die opstelafdeling word aangebied met die kurrikulum (per graad) as riglyn. Deelnemers moet in gedagte hou dat die kreatiewe skryfkompetisie nie 'n lang romankompetisie is nie - die lengte word bepaal deur die graad-spesifieke kurrikulum. U kan die registrasievorms onder die hoofmenu (kieslysbalk) vind. Slegs leerlinge mag hieraan deelneem.

Daar is vanjaar nie 'n ope-afdeling vir opstelle nie.

* Kreatiewe skryfkompetisie: Poësie-afdeling (2025)

Sluitingsdatum: 1 Augustus 2025

Die poësie-afdeling word nou slegs aangebied oor die eerste ses maande van 'n jaar en die sluitingsdatum is in Junie - sien die betrokke handleiding. U kan meer inligting verkry by die poësie-afdeling. U kan ook na die hoofmenu (kieslysbalk) gaan en op die onderskeie skakels (balkies) kliek. Slegs leerlinge mag hieraan deelneem.

* Kreatiewe skryfkompetisie vir ONDERWYSERS: Poësie (2025)

Sluitingsdatum: 1 Augustus 2025

Die deelname van onderwysers aan die poësie-afdeling gedurende 2024 was opwindend. Daarom het Beeldskool en die AON besluit om onderwysers die geleentheid te bied om hul poësieskryftalent ook vanjaar (2025) ten toon te stel. Kom wys hoe hierdie skat, wat ons Afrikaans noem, leef onder ons onderwyspersoneel. Die sluitingsdatum is in Junie - sien die betrokke handleiding. U kan ook na die hoofmenu (kieslysbalk) gaan en op die onderskeie skakels kliek.


SLUITINGSDATUMS:

Let asseblief op die sluitingsdatums.

  • Die organiseerders van die Netwerk24 Skryfkompetisie, gaan die wenners van 2025 se kreatiewe skryfwerk in 'n e-publikasie plaas en dit sal te koop wees. Adverteerders kan ook hierin 'n spasie koop.

  • AON is die trotse borg van Beeld se Kreatiewe Skryfkompetiese. Deur hierdie borgskap, sedert 2021, gee die AON verdere stukrag aan Afrikaans, nie net as amptelike taal nie, maar ook as kreatiewe skeppende taal.

  • Ter viering van Afrikaans Amptelik 100 jaar het Beeldskool 'n e-publikasie van wenners en ander verdienstelike jong skrywers se skryfwerk (sedert 2019) gepllubliseer. Die publikasie kan nog steeds aangekoop word

  • Alle Beeldskool materiaal het streng kopiereg.


  • Leerlinge word toegelaat om een skryfstuk per bostaande afdelings in te skryf. Elke afdeling het 'n aparte inskryfvorm en volg die prosedures asseblief noukeurig.

  • Maak seker dat u die afdelings en kategorieë skei, bv. u kan nie Huistaal en EAT-leerlinge op dieselfde vorms registreer of skryfwerk op dieselfde oplaairuimte oplaai nie.

  • Indien u byvoorbeeld tien leerlinge vir Huistaal inskryf, moet u die 10 skryfstukke in een dokument oplaai. Sodanige dokument moet nie groter as 10MB wees nie. Die opsommenderlys moet die eerste bladsy daarvan wees.

  • Deelnemende onderwysers mag slegs een gedig instuur vir die onderwysersafdeling (poësie).

  • Geen e-pos-inskrywing gaan aanvaar word nie.




SKRYFWENKE DEUR BEKROONDE SKRYWERS




LEES HIER MEER HOE JY JOU SKRYFTALENT KAN BEVORDER




KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE: INLIGTINGSVIDEO





VIDEO: KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE INLIGTINGSEMINAAR

Ons digitale inligtingseminaar met skole het op 24 April 2024 plaasgevind. Registreer hier om toegang tot die opnameskakel te verkry (slegs vir skole): Kompetisie Inligtingseminaar



Reëls en inskrywingsprosedure


Sluitingsdatum: Inskrywings vir die opstelafdeling moet Beeldskool voor of op 1 September 2025 bereik. Die sluitingsdatum vir die poësie-afdeling is 1 Augustus 2025

Opstelafdeling: Kreatiewe skryfwerk wat tussen Januarie en Augustus 2025 geskryf is, mag ingeskryf word. Sien die onderstaande dokumentasie vir meer inligting. U kan ook die inligting onderaan die blad aflaai.

Poësie-afdeling: Kreatiewe poësie-skryfwerk wat tussen Januarie en Julie 2025 geskryf is, mag ingeskryf word. Sien die onderstaande dokumentasie vir meer inligting. U kan die inligting onderaan die blad aflaai.

Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie gevoer word nie.

Skole skryf hul beste leerlinge se kreatiewe skryfwerk in.

  1. Drie (3) beste leerlinge per graad en slegs een skryfstuk per leerling mag ingeskryf word. Hoërskole mag dus 'n maksimum van 15 leerlinge per afdeling inskryf. Laerskole mag 'n maksimum van 12 leerlinge per afdeling inskryf. Slegs 10 onderwysers per skool mag vir die poësie-afdeling ingeskryf word.

  2. U moet die leerlinge op ons webtuiste elektronies inskryf by die toepaslike afdeling, maar ook die opsommenderlys invul soos aangedui op die aflaaibare PDF-dokument onderaan die blad (vir ons kontrole).

  3. Die kreatiewe skryfwerk moet getik wees en dit moet elektronies in PDF-formaat opgelaai word Die opsommerderlys moet vir kontrole as voorblad aangeheg word.

Elke afdeling/kategorie het 'n spesifieke oplaai-area.

Beeldskool gee nie individuele terugvoer aan skole, ouers, onderwysers of leerlinge nie, maar deeglike algemene terugvoer en wenke sal na afloop van die kompetisie beskikbaar gestel word.

Kompetisie inligting is slegs beskikbaar by:

https://www.ebeeldskool.co.za

  • **Deur vir die kompetisie in te skryf, waarborg die deelnemer dat hy of sy die alleeneienaar van die skryfwerk en die enigste kopiereg-eienaar van die inhoud van die kreatiewe skryfwerk (materiaal) is. Slegs ongepubliseerde werk kom in aanmerking vir hierdie kompetisie en deelnemers (deelnemende skole) moet die verklaring(s) op die aanlyn indieningsvorm afmerk wat sertifiseer dat hul inskrywing hul eie, oorspronklike ongepubliseerde inskrywing/werk is en ook nie kunsmatig gegenereer is nie. Beeldskool behou die reg om wenners se skryfwerk aan hierdie riglyn te verifieer. Beeldskool en die beoordelaarspaneel behou die eksklusiewe reg voor om skryfstukke wat nie ’n leerling/onderwyser se eie oorspronklike werk is nie, of op enige kunsmatige wyse gegenereer is, na eie goeddunke te diskwalifiseer.

  • Beeldskool behou die reg om kompetisiereëls te verander of te wysig sonder kennisgewing.

  • Behalwe dat ons jong skryftalent wil ontwikkel, wil ons ook die totale ontwikkeling van ons jongmense voorop stel - dit sluit morele ontwikkeling in en die skep van werk wat eie aan die skrywers en hulle eie skeppende woordkuns is. Deelnemers moet deeglik kennis neem dat enige gebruik van kunsmatige intelligensie en/of plagiaat streng verbode vir die kreatiewe skryfkompetisie is. Uiteraard sal Beeldskool sodanige inskrywings penaliseer, soos wel in die verlede gedoen is. Ons beskik oor die nodige tegnologie om dit te identifiseer. Ons seminaar opnamevideo gee u meer inligting hieroor.

  • Ons beveel egter aan dat skole skryfwerk identifiseer en inskryf wat in die klaskamer of eksamenlokaal geskryf is. Ons moedig ons skole aan om deel te neem en die kompetisie deel te maak van u normale alledaagse werksvloei.

  • Beeld behou die reg om geen prysgeld toe te ken, of wenners bekend te maak nie, waar daar nie genoegsame inskrywings in enige kategorie/afdeling is nie, of waar daar nie aan die vereistes voldoen word nie.









Administratiewe hulp: Ons besef dat ons onderwysers besig is en wil graag die volgende voorstel:



  1. Nadat die skool die leerlinge se skryfwerk vir die kompetisie geïdentifiseer het, kan die leerling die registrasievorm aanlyn voltooi onder toesig van skoolpersoneel (Die opsommenderskoollys wat deur die skool geteken moet word, sal ons kontrole wees). Onderwyspersoneel moet inskrywings asseblief kontroleer en afteken waar nodig.

  2. U kan die opsommenderlyste ook deur 'n leerling of komitee laat voltooi met die voorwaarde dat dit gekontroleer en afgeteken word deur die betrokke onderwyser. Die oplaai van dokumentasie en skryfwerk moet deur die betrokke onderwyser gedoen word.

  3. Sommige hoërskole wil graag meer graad 11-12 leerlinge die geleentheid en blootstelling vir deelname gee. U kan dit doen mits u die skoolhoof se toestemming het, en verseker dat daar minstens een inskrywing per graad vir die ander grade is.

  4. Die doel van die kompetisie is juis om jong Afrikaanse skrywerstalent te ontwikkel onder alle taalgroepe en ouderdomsgroepe.

  5. RIG ALLE NAVRAE DEUR DIE SKOOL EN BETROKKE ONDERWYSER (koördinerende onderwyser)

  6. INSKRYWINGS IS GRATIS.









PRYSGELD KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE



Prysgeld volgens die kategorieë/afdelings:

1. Kreatiewe Skryfkompetisie: Opstelafdeling

Pryse (sluitingsdatum 1 September 2025):

Kategorieë: H/S Afrikaans Huistaal en L/S Afrikaans Huistaal en H/S Afrikaans Eerste Addisionele Taal:

  • Eerste plekke: R3000 elk  vir die beste leerling (slegs leerders).

  • Tweede plekke: R1500 elk  vir die beste leerling (slegs leerders).

  • Derde plekke: R500 elk  vir die beste leerling (slegs leerders).

  • Multidimensions kursusse ter waarde van: Eerste plekke ter waarde van R4900 , tweede plekke van R2500 en derde plekke van R1500 (vir wenner-leerlinge en hul onderwysers per kategorie).


  • 2. Kreatiewe Skryfkompetisie: Poësie-afdeling

    Pryse (sluitingsdatum 1 Augustus 2025):

    Kategorieë: H/S Afrikaans Huistaal en L/S Afrikaans Huistaal en H/S Afrikaans Eerste Addisionele Taal:

  • Eerste plekke: R3000 elk  vir die beste leerling (slegs leerders).

  • Tweede plekke: R1500 elk  vir die beste leerling (slegs leerders).

  • Derde plekke: R500 elk  vir die beste leerling (slegs leerders).

  • Multidimensions kursusse ter waarde van: Eerste plekke ter waarde van R4900 , tweede plekke van R2500 en derde plekke van R1500 (vir wenner-leerlinge en hul onderwysers per kategorie).


  • 3. Kreatiewe Skryfkompetisie: Poësie-afdeling vir onderwysers

    Pryse (sluitingsdatum 1 Augustus 2025):

  • Eerste plek: R3000

  • Tweede plek: R1500

  • Derde plek: R500

  • Multidimensions kursusse ter waarde van: Eerste plek ter waarde van R4900 , tweede plek van R2500 en derde plek van R1500 (vir onderwysers in die afdeling).


  • Multidimensions borg die grafiese kursusse









    SLEGS ELEKTRONIESE INSKRYWINGS - VOLG ASSEBLIEF HIERDIE RIGLYNE



    U KAN DIE ONDERSTAANDE PDF AFLAAI EN/OF UITDRUK VIR MEER INLIGTING OOR DIE KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE. U KAN DIE PDF BLAAI, SKUIF, VERGROOT EN OP 'N RAAKSKERM BEHEER MET U HANDE.

    DIE "Opsommenderlys vir die Kreatiewe Skryfkompetisie inskrywings" WAT U SAAM MET DIE SKRYFWERK VIR U SKOOL MOET OPLAAI, IS HIERBY INGESLUIT.

    NADAT DIE PDF OOP IS, KAN U DIE DOKUMENT STOOR OP U REKENAAR

    U MOET DIE VOLGENDE VIR ONS STUUR:

    1. Die opsommenderlys van leerlinge per skool (elektroniese oplaai)
    2. Die elektroniese registrasie per leerling (voltooi op die webblad)
    3. Die leerlinge se skryfwerk (elektroniese oplaai)(Plaas die volgende op die skryfstuk van elke leerling: Naam van leerling, graad, naam van skool, opstelkategorie, titel van kreatiewe skryfwerk)

    Skole word vriendelik versoek om die opsommenderlys van leerlinge en skryfwerk van leerlinge in een dokument op te laai (items 1 en 3).



    DIE HANDLEIDINGS KAN HIER AFGELAAI WORD





    HANDLEIDING VIR DIE KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE: OPSTELAFDELING


    Die handleiding bevat die nodige dokumentasie soos die inskrywingsvorm, prosedure vir die inskrywings, asook die opsommenderlys wat u saam met die die leerlinge se kreatiewe skryfwerk moet oplaai.


    OPSTELAFDELING: LAAI DIE SKRYFKOMPETISIE DOKUMENTASIE HIER AF

    OF

    KLIEK HIER OF OP DIE BEELD OM DIE ONDERSTAANDE DOKUMENT OOP TE MAAK


    U kan op die onderstaande beeld kliek om die dokument af te laai om sodoende die volledige inskrywingsvorm en die opsommerderlys te bekom vir voltooiing, of te lees.


    Stacks Image 35







    HANDLEIDING VIR DIE KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE: POËSIE-AFDELING


    Die handleiding bevat die nodige dokumentasie soos die inskrywingsvorm, prosedure vir die inskrywings, asook die opsommenderlys wat u saam met die die leerlinge se kreatiewe skryfwerk moet oplaai.


    POËSIE-AFDELING: LAAI DIE SKRYFKOMPETISIE DOKUMENTASIE HIER AF

    OF

    KLIEK HIER OF OP DIE BEELD OM DIE ONDERSTAANDE DOKUMENT OOP TE MAAK


    U kan op die onderstaande beeld kliek om die dokument af te laai om sodoende die volledige inskrywingsvorm en die opsommerderlys te bekom vir voltooiing, of te lees.


    Stacks Image 35











    IS JY KREATIEF?










    MEER INLIGTING EN BERIGTE


    WAT ONS WENNERS SÊ


    Loading...






    BEELD ARTIKEL: 15 JULIE 2024






    BEELD ARTIKEL: 23 MEI 2024






    BEELD ARTIKEL: 6 MEI 2024






    BEELD ARTIKEL: 18 APRIL 2024





    BEELD ARTIKEL: AON BORG





    Die AON is die hoofborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

    Multidimensions is 'n kursusborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

    Afrikaans.com is 'n medeborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

    Kontak E-Beeldskool vir navrae rakende die Kreatiewe-Skryfkompetisie





    TERUGVOER

    TERUGVOER VANAF OUERS EN LEERLINGE

    • account_circle
      “
      Ek kan nie genoeg dankie se vir Beeld vir hul bydrae en ondersteuning aan ons matrieks hierdie jaar nie. Hoe min het ons in Februarie maand geweet dat hierdie 2020 soveel uitdagings sal bied nie. Ek raak skoon emosioneel wanneer ek die eksamen gebed lees - en is opreg dankbaar dat ons Hemelse Vader Engele soos julle na ons toe stuur om ons kinders te dra deur hierdie eksamen voorbereiding. Kan jy asb vir elke onderwysers, tegniese ondersteuner, en wie ookal nog betrokke is by Beeldskool my dankbetuiging aanstuur. Ten spyte van Covid en loadshedding het julle steeds soos een man agter ons kinders gestaan en uit julle pad uit gegaan om Beeldskool suksesvol te maak. Julle het geslaag in julle doel Mag julle ryklik geseen word.
      – Ouer van Joelene
      ”
    • account_circle
      “
      Beeld in Onderwys, Om opstelle en gedigte te kan skryf is 'n gawe wat soms onder die mat gevee word omdat daar nie genoeg geleenthede vir die kinders is om dit te bevorder nie. Daleney het verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem aan die Beeld in Onderwys se poësie en prosa skryfkompetisie wat haar gemotiveer het om gereeld te skryf. Sy is vanjaar as die wenner van die Laerskole Ope-afdeling van die skryfkompetisie aangewys. Dit is beslis 'n hoogtepunt van haar Laerskool loopbaan waarop ons trots is. Ons vertrou dat sy in die Hoërskool sal voortgaan om haar gawe te ontwikkel te danke aan Beeld in Onderwys wie vir haar die geleentheid bied. Ons wil ek julle hartlik bedank vir die voorreg om deel te wees van julle bundel van geleenthede. Sonder 'n ondersteunende skool en die voorreg om in te kan skryf vir die skryfkompetisie sou Daleney nooit haar volle potensiaal kon uitleef nie. Dankie ook aan die borge wie die vlammetjie aan die brand hou. Groete
      – Die Grobbelaars van Standerton
      ”


    Tegnologie Winkel

    Meer oor Ons

    Terugvoer

    Kontak Ons

    Borgskappe en Bemarking

    Terme van Gebruik

    Privaatheidsbeleid

    Virtuele Kampus







    Nuusbrief Intekenvorm



    Kontaknommer:
    (011) 412-7117

    Beeld Adres:
    272 Pretoria Road
    Ferndale
    Randburg

    2194


    Netwerk24 & Die Burger Adres:
    Nasperssentrum
    40 Heerengracht
    Kaapstad

    8001



    © 2000-2025 DuxEdMedia™/e-Beeldskool™/Beeldskool™/Beeld in Onderwys™/Leer&Presteer™/Kreatiewe Skryfkompetisie™/Oefenvraestelle™