NB!! KENNISGEWING AAN OUERS EN LEERDERS
U kan nou begin registreer vir die Beeld Lenteskool 2023.
Beeldskool (e-Beeldskool) bied topgehalte aanlyn klasse tydens die September 2024 skoolvakansie vir Graad 12-leerders (Lenteskool) aan. Die onderrigmedium is Afrikaans. Leerders sal goed afgerond word vir die Wiskunde en Fisiese Wetenskappe kurrikulum, asook eindeksamenvoorbereiding waar werk onderrig en hersien word deur ervare onderwysers. Leerder, jy kan jou kennis kom verbreed en nuwe insigte in jou Wiskunde en Fisiese Wetenskappe verkry. Dit sal voordelig wees om die volledige jaarprogram te volg.
Leerlinge ontvang na afloop van die klasse die betrokke video-skakel vir herkyk.
LET OOK OP DIE VOLGENDE: E-beeldskool bied weereens vraestelvoorbereidingsklasse aan, addisioneel tot die aanlyn vakansieskoolprogram.
Lenteskool aanlyn klasse: Wiskunde en Fisiese Wetenskappe: Slegs Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. Die kurrikulum word hier omvattend en omsigtig hersien en saamgevat vir die eindeksamen.
Lenteskool Vraestelvoorbereidingsklasse: Wiskunde en Fisiese Wetenskappe: Die klasse gaan fokus op probleemareas, vraestel interpretasie (vraestel 1 en 2), analitiese denke, tydspandering, en om optimale punte te verkry. Die fokus hier val op die eindeksamen: Vraestel 1 & 2.
U registreer op dieselfde registrasievorm vir beide
Bywoning van Beeldskoolklasse sal u slegs R100-00 per uur kos afhangende van u keuses. Enkele van ons spesiale programme is meer as die aangeduide tarief.
Die tariewe is volledig uiteengesit onderaan elke registrasievorm.
Ons is oortuig dat u waarskynlik nêrens anders teen die tarief en kwaliteit-onderrig, waarvoor Beeldskool bekend staan, gelykstaande sal verkry nie. Indien u onseker is wat die koste vir u gesamentlike keuses sal wees, kan u ons gerus kontak.
Spesiale Programme: Eksamenvoorbereiding, of enige ander spesiale programme.
Totale Koste: Onderaan die registrasievorm.
Indien u 'n gmail adres invul (eerste e-pos), sal u 'n outomatiese respons vanaf die webtuiste ontvang. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi.
Indien u 'n gmail adres invul (eerste e-pos), sal u 'n outomatiese respons vanaf die webtuiste ontvang. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi. Gebruik asseblief Microsoft Edge, Safari, of Firefox op u selfoon om die vorms te voltooi. Moenie Chrome gebruik nie.
Die bedrag wat u moet inbetaal, is volgens die skaal hierbo en dis die bedrag wat u dienooreenkomstig moet inbetaal by ABSA-bank met die volgende bankbesonderhede:
Absa-tjekrekening: 4048931283
Tak: 632005
Rekeninghouer: Media24
Verwysingsnr: KIOB + leerling se naam
Stuur bewys van betaling aan:
E-pos: skool@ebeeldskool.co.za
Die bedrag wat u moet inbetaal, is volgens die skaal hierbo en dis die bedrag wat u dienooreenkomstig moet inbetaal by ABSA-bank met die volgende bankbesonderhede:
Absa-tjekrekening: 4048931283
Tak: 632005
Rekeninghouer: Media24
Verwysingsnr: KIOB + leerling se naam
Stuur bewys van betaling aan:
E-pos: skool@ebeeldskool.co.za
Let asseblief daarop dat ouers aparte registrasievorms moet voltooi vir die aanlyn deurlopende klasse, skoolvakansieklasse en eksamenvoorbereidingsklasse en dat aparte tariewe van toepassing is.
VOLG ASSEBLIEF DIE ROOSTER OP HIERDIE WEBTUISTE VIR SPESIFIKASIE VAN TYE: E-BEELDSKOOL PROGRAM.
Beeldskool (e-Beeldskool) bied topgehalte aanlyn klasse aan. Die onderrigmedium is Afrikaans. Leerlinge sal goed afgerond word vir die gekose vakke, asook eindeksamen waar werk onderrig en hersien word deur ervare onderwysers. Leerder, jy kan jou kennis kom verbreed en nuwe insigte in jou vakke verkry. Dit sal voordelig wees om die volledige jaarprogram te volg.
Leerlinge wat die direkte interaktiewe klasse bywoon, ontvang na afloop van die klasse die betrokke video-skakel vir weerkyk. Die herkyk is beskikbaar slegs vir die betrokke kwartaal van aanbieding.
Voltooi die meegaande aanlynvorm en stuur dit aan ons. Ons sien daarna uit om jou by e-Beeldskool aanlyn te verwelkom en jou doelwitte te help verwesenlik!
Betalings kan dan elektronies gedoen word: e-pos jou bewys van betaling met volledige identifiseerbare inligting soos jou naam en van en kontakbesonderhede, asook die van ouers.
Bespreek egter vroegtydig om teleurstelling te voorkom, want daar kan net ’n sekere aantal leerlinge per klas toegelaat word. Dit is leerlinge se verantwoordelikheid om die volle kursus waarvoor ingeskryf is, AANLYN by te woon.
Beeld behou die reg om, indien daar in ’n sekere klas groeperings nie voldoende belangstelling is nie, dié betrokke klasse te kanselleer.
TEGNOLOGIESE VEREISTES is die ouer/wettige voog se verantwoordelikheid en Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Beeld aanvaar geen verantwoordelikheid vir leerlinge wat aanlyn klasse vroeër verlaat/mis/laat inskakel nie.
’n Elektroniese skakel vir bywoning sal aan jou gestuur word. Skakel ons telefonies voor die aanvang van klasse indien jy niks ontvang het nie.
Onthou om u betaling te maak!!!! U mag onder geen omstandighede die ELEKTRONIESE SKAKELS met iemand deel nie, sou ons dit optel, deur die tegnologie, sal u en die nie-geregistreerde leerlinge geblok word sonder terugbetaling. Inskrywings moet per e-pos gekanselleer word indien u besluit om te kanselleer. Leerlinge en ouers moet asseblief kennis neem dat die aanlynonderrigplatform wat deur e-Beeldskool gebruik word streng maatreëls in plek het en in werking gestel word waar dit misbruik word.
REGSVERANTWOORDELIKHEID
Alle Beeldskoolmateriaal het streng kopiereg: Kontak ons asseblief indien u weet van enige onwettige verspreiding en of gebruik.
Hierdie is 'n wettige registrasie-dokument, wanneer u registreer en nie binne 14 dae voor aanvang van die aanlyn klasse skriftelik kanselleer nie, sal u aanspreeklik gehou word vir die volle bedrag. Ons doen ons beplanning op grond van die aantal ingeskrewe leerlinge. Voor u registreer, moet u asseblief seker maak dat u voortgaan om sodoende enige dispuut te voorkom. Indien betaling reeds gemaak is, sal 'n kansellasie fooi gehef word volgens die oordeel van die administrateurs van e-Beeldskool.
Indien u nie hierdie aanlynvorm verstaan nie, kan u ons skakel. In enige dispuut, sal al die terme en voorwaardes gebruik word vir beslegtiging. Dit sal egter nie bykomende inligting op die blad uitsluit nie. Die aanlynvorm is vir u gerief. Let wel, ons maak tans nie voorsiening vir aanlynbetalings op die webtuiste nie. U moet 'n direkte bankdeposito maak en die bewys aan ons e-pos.
MOET ASSEBLIEF NIE DIE STUUR VAN U BETALINGSBEWYS AAN DIE BANK OORLAAT NIE. BANKE GEE NIE DIE DETAILS VAN U EN U KIND NIE, GEVOLGLIK KAN ONS NIE BEPAAL WIE DIE BETALING GEMAAK HET NIE