Beeld in Onderwys,
Om opstelle en gedigte te kan skryf is 'n gawe wat soms onder die mat gevee word omdat daar nie genoeg geleenthede vir die kinders is om dit te bevorder nie.
Daleney het verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem aan die Beeld in Onderwys se poësie en prosa skryfkompetisie wat haar gemotiveer het om gereeld te skryf.
Sy is vanjaar as die wenner van die Laerskole Ope-afdeling van die skryfkompetisie aangewys.
Dit is beslis 'n hoogtepunt van haar Laerskool loopbaan waarop ons trots is. Ons vertrou dat sy in die Hoërskool sal voortgaan om haar gawe te ontwikkel te danke aan Beeld in Onderwys wie vir haar die geleentheid bied.
Ons wil ek julle hartlik bedank vir die voorreg om deel te wees van julle bundel van geleenthede.
Sonder 'n ondersteunende skool en die voorreg om in te kan skryf vir die skryfkompetisie sou Daleney nooit haar volle potensiaal kon uitleef nie.
Dankie ook aan die borge wie die vlammetjie aan die brand hou.
Groete
–
Die Grobbelaars van Standerton