Onthou: Geregistreerde leerlinge kry toegang tot die herkykskakel tot einde November
“The best way to predict your future is to create it.” – Abraham Lincoln
"Success is the sum of all efforts, repeated day-in & day out." – R. Collier
NB!! KENNISGEWING AAN OUERS EN LEERDERS
Beeldskool 2025.
Registreer nou vir die Herfsskool 2025.
Beeldskool bestaan meer as 30 jaar, waarvan die laaste 5 jaar aanlyn.
Beeldskool word groter op nasionale vlak met Netwerk24.
Die aanlyn klasse se rooster vir 2025 is aflaaibaar.
Die AON is weereens die hoofborg van die Skryfkompetisie vir 2025 .
NB!! KENNISGEWING AAN OUERS EN LEERDERS
Beeldskool 2025.
Registreer nou vir die Herfsskool 2025.
Beeldskool bestaan meer as 30 jaar, waarvan die laaste 5 jaar aanlyn.
Beeldskool word groter op nasionale vlak met Netwerk24.
Die aanlyn klasse se rooster vir 2025 is aflaaibaar.
Die AON is weereens die hoofborg van die Skryfkompetisie vir 2025 .
Bestel jou Kreatiewe Skryfkompetisiewenners e-bundel nou: 2019 - 2024 wenners.
Het jy al gewonder wat Beeldskool of e-Beeldskool is?
BEELDSKOOL IS JOU SKOOL NET VIR JOU - WAAR JY OOK AL IS
Leerlinge en ouers beskryf Beeldskool as ekstra klasse, ekstra hulp, afrondingsklasse, onderrig uit ‘n ander perspektief, en ander noem dit weer ‘n top prestasie skool, of, dit voel of ek in die klas sit. Elk het sy eie mening. Hoe dit ookal sy, kom kyk self en vorm jou eie siening van Beeldskool en ervaar ook die puik resultate soos duisende ander leerlinge.
Kry dit nou reg, nie later nie met eksklusiewe ekstra aanlyn klasse by e-Beeldskool - dis elke sent werd sê leerlinge. Geen ander leerervaring is soos jou E-Beeldskool ervaring nie.
'n Verandering is só goed soos 'n vakansie! So is e-Beeldskool vir Gr. 11 & 12 leerlinge. En nou ook vir Gr. 8-10. Dit is 'n topgehalte opknappingskursus wat deur ervare onderwysers in die praktyk aangebied word om leerlinge se bestaande vakkennis op te skerp en hulle behoorlik vir die kurrikulum en komende eksamens af te rond. Dit is 'n wonderlike geleentheid om die vakke wat aangebied word uit 'n ander oogpunt te sien.
E-Beeldskool (word nou virtueel aangebied soos bo aangedui) is die oudste topprestasieskool vir graad 11 en 12-leerlinge om te help met kurrikulum en eksamenafronding. Dit word in Afrikaans aangebied in vakke soos:
Wiskunde,
Fisiese en Lewenswetenskappe,
Rekeningkunde,
Besigheidstudies
Afrikaans Huistaal, en
Engels Eerste Addisionele Taal; en nog meer…
Leerlinge kom jaarliks van heinde en verre om dit by te woon en getuig van die puik afronding wat dit hulle bied. Dit is nou makliker as ooit om by die klasse in te skakel.
Tegnologie stel ons nou instaat om meer leerlinge en meer grade te betrek. Om leerlinge van Suid-Afrika nie net kompeterend te maak met die wêreld nie, maar die beste. Stelselmatig sal die reikwydte uitgebrei word.
Hier by Beeldskool glo ons dat in tye van onsekerheid, enige iets moontlik is. Maar enige iets gebeur nie vanself nie. Ons laat dit gebeur. Waar jy ookal is: onderrig vanuit 'n ander perspektief.
Beeldskool is die leier op die gebied van ondersteuning vir graad 11-12 leerlinge wat hulle prestasies wil verbeter en het 'n trotse tradisie wat oor baie jare gevorm is deur ons onderrigmetodiek, bekostigbaarheid en ons onderwysers wat topgehalte onderrig gee.
So het e-Beeldskool tot stand gekom in virtuele formaat vir ondersteuning aan ons leerlinge, sonder om ons unieke en tradisionele aanbiedingsmetode mee weg te doen. E-Beeldskool sal gevolglik ook beskikbaar wees vir leerlinge wat nie ons tradisionele kontakklasse kan bywoon nie. E-Beeldskool gebruik tegnologie platforms om 'n vloeiende diens te lewer.
Hier by Beeldskool is ons opgewonde oor die nuwe wyse van uitreik om ons leerlinge te bereik deur middel van media wat wêrelwyd toegang kan verleen tot ons unieke stelsel, styl en onderrigmetodiek.
Beeldskool mag in die toekoms besluit om weer kontakklasse in te stel, en/of 'n hibridiese sisteem.
Tegnologie daag ons ook uit om ons uitreik aansienlik verder te strek as ons gewone ondersteuningsdienste. Die doel van hierdie ontwikkelinge is om ons leerlinge deur afstandsonderrig af te rond en voor te berei vir verdere onderwys en opleiding, deur hulle aan te spoor tot beter prestasie vir sodanige keuringsprosesse en toelatingsvereistes.
Alle inkomste word teruggeploeg in Beeldskool se onderwysprogram.