Die nooi wat haar Europese skoene daar anderkant uitgeskop het, Indonesiese sokkies aangetrek het en haar vellies hier in Afrika kom vasmaak het; hierdie skat wat ons Afrikaans noem. Chris Chameleon
Ons bied meer kreatiewe skryfgeleenthede vir leerlinge en onderwysers/skole vanjaar. NUUT: DAAR IS GELEENTHEID VIR ONDERWYSPERSONEEL OM SELF DEEL TE NEEM AAN DIE POËSIE-AFDELING. Elke afdeling het sy eie reëls en inskrywingsprosedures, handleidings, asook eie elektroniese registrasievorms en onderskeie sluitingsdatums.
Sluitingsdatum: 1 September 2025
Die opstelafdeling word aangebied met die kurrikulum (per graad) as riglyn. Deelnemers moet in gedagte hou dat die kreatiewe skryfkompetisie nie 'n lang romankompetisie is nie - die lengte word bepaal deur die graad-spesifieke kurrikulum. U kan die registrasievorms onder die hoofmenu (kieslysbalk) vind. Slegs leerlinge mag hieraan deelneem.
Daar is vanjaar nie 'n ope-afdeling vir opstelle nie.
Sluitingsdatum: 1 Augustus 2025
Die poësie-afdeling word nou slegs aangebied oor die eerste ses maande van 'n jaar en die sluitingsdatum is in Junie - sien die betrokke handleiding. U kan meer inligting verkry by die poësie-afdeling. U kan ook na die hoofmenu (kieslysbalk) gaan en op die onderskeie skakels (balkies) kliek. Slegs leerlinge mag hieraan deelneem.
Sluitingsdatum: 1 Augustus 2025
Die deelname van onderwysers aan die poësie-afdeling gedurende 2024 was opwindend. Daarom het Beeldskool en die AON besluit om onderwysers die geleentheid te bied om hul poësieskryftalent ook vanjaar (2025) ten toon te stel. Kom wys hoe hierdie skat, wat ons Afrikaans noem, leef onder ons onderwyspersoneel. Die sluitingsdatum is in Junie - sien die betrokke handleiding. U kan ook na die hoofmenu (kieslysbalk) gaan en op die onderskeie skakels kliek.
SLUITINGSDATUMS:
Let asseblief op die gewysigde sluitingsdatums.
AFRIKAANS AMPTELIK 100
Op 8 Mei 2025 bestaan Afrikaans Amptelik 100 jaar. Hoewel Afrikaans baie ouer is, bestaan hierdie skat wat ons Afrikaans noem, eersdaags 100 jaar as amptelike taal
AON is die trotse borg van Beeld se Kreatiewe Skryfkompetiese. Deur hierdie borgskap, sedert 2021, gee die AON verdere stukrag aan Afrikaans, nie net as amptelike taal nie, maar ook as kreatiewe skeppende taal.
In die lig hiervan beplan Beeldskool 'n e-publikasie van wenners en ander verdienstelike jong skrywers se skryfwerk (sedert 2019) ter viering van Afrikaans Amptelik 100 jaar. Neem deel en maak jou merk vir Afrikaans.
Alle Beeldskool materiaal het streng kopiereg.
Leerlinge word toegelaat om een skryfstuk per bostaande afdelings in te skryf. Elke afdeling het 'n aparte inskryfvorm en volg die prosedures asseblief noukeurig.
Maak seker dat u die afdelings en kategorieë skei, bv. u kan nie Huistaal en EAT-leerlinge op dieselfde vorms registreer of skryfwerk op dieselfde oplaairuimte oplaai nie.
Indien u byvoorbeeld tien leerlinge vir Huistaal inskryf, moet u die 10 skryfstukke in een dokument oplaai. Sodanige dokument moet nie groter as 10MB wees nie. Die opsommenderlys moet die eerste bladsy daarvan wees.
Deelnemende onderwysers mag slegs een gedig instuur vir die onderwysersafdeling (poësie).
Geen e-pos-inskrywing gaan aanvaar word nie.
Opstelafdeling: Kreatiewe skryfwerk wat tussen Januarie en Augustus 2025 geskryf is, mag ingeskryf word. Sien die onderstaande dokumentasie vir meer inligting. U kan ook die inligting onderaan die blad aflaai.
Poësie-afdeling: Kreatiewe poësie-skryfwerk wat tussen Januarie en Julie 2025 geskryf is, mag ingeskryf word. Sien die onderstaande dokumentasie vir meer inligting. U kan die inligting onderaan die blad aflaai.
Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie gevoer word nie.
Skole skryf hul beste leerlinge se kreatiewe skryfwerk in.
Drie (3) beste leerlinge per graad en slegs een skryfstuk per leerling mag ingeskryf word. Hoërskole mag dus 'n maksimum van 15 leerlinge per afdeling inskryf. Laerskole mag 'n maksimum van 12 leerlinge per afdeling inskryf. Slegs 10 onderwysers per skool mag vir die poësie-afdeling ingeskryf word.
U moet die leerlinge op ons webtuiste elektronies inskryf by die toepaslike afdeling, maar ook die opsommenderlys invul soos aangedui op die aflaaibare PDF-dokument onderaan die blad (vir ons kontrole).
Die kreatiewe skryfwerk moet getik wees en dit moet elektronies in PDF-formaat opgelaai word Die opsommerderlys moet vir kontrole as voorblad aangeheg word.
Elke afdeling/kategorie het 'n spesifieke oplaai-area.
Beeldskool gee nie individuele terugvoer aan skole, ouers, onderwysers of leerlinge nie, maar deeglike algemene terugvoer en wenke sal na afloop van die kompetisie beskikbaar gestel word.
Kompetisie inligting is slegs beskikbaar by:
https://www.ebeeldskool.co.za
**Deur vir die kompetisie in te skryf, waarborg die deelnemer dat hy of sy die alleeneienaar van die skryfwerk en die enigste kopiereg-eienaar van die inhoud van die kreatiewe skryfwerk (materiaal) is. Slegs ongepubliseerde werk kom in aanmerking vir hierdie kompetisie en deelnemers (deelnemende skole) moet die verklaring(s) op die aanlyn indieningsvorm afmerk wat sertifiseer dat hul inskrywing hul eie, oorspronklike ongepubliseerde inskrywing/werk is en ook nie kunsmatig gegenereer is nie. Beeldskool behou die reg om wenners se skryfwerk aan hierdie riglyn te verifieer. Beeldskool en die beoordelaarspaneel behou die eksklusiewe reg voor om skryfstukke wat nie ’n leerling/onderwyser se eie oorspronklike werk is nie, of op enige kunsmatige wyse gegenereer is, na eie goeddunke te diskwalifiseer.
Beeldskool behou die reg om kompetisiereëls te verander of te wysig sonder kennisgewing.
Behalwe dat ons jong skryftalent wil ontwikkel, wil ons ook die totale ontwikkeling van ons jongmense voorop stel - dit sluit morele ontwikkeling in en die skep van werk wat eie aan die skrywers en hulle eie skeppende woordkuns is. Deelnemers moet deeglik kennis neem dat enige gebruik van kunsmatige intelligensie en/of plagiaat streng verbode vir die kreatiewe skryfkompetisie is. Uiteraard sal Beeldskool sodanige inskrywings penaliseer, soos wel in die verlede gedoen is. Ons beskik oor die nodige tegnologie om dit te identifiseer. Ons seminaar opnamevideo gee u meer inligting hieroor.
Ons beveel egter aan dat skole skryfwerk identifiseer en inskryf wat in die klaskamer of eksamenlokaal geskryf is. Ons moedig ons skole aan om deel te neem en die kompetisie deel te maak van u normale alledaagse werksvloei.
Beeld behou die reg om geen prysgeld toe te ken, of wenners bekend te maak nie, waar daar nie genoegsame inskrywings in enige kategorie/afdeling is nie, of waar daar nie aan die vereistes voldoen word nie.
Nadat die skool die leerlinge se skryfwerk vir die kompetisie geïdentifiseer het, kan die leerling die registrasievorm aanlyn voltooi onder toesig van skoolpersoneel (Die opsommenderskoollys wat deur die skool geteken moet word, sal ons kontrole wees). Onderwyspersoneel moet inskrywings asseblief kontroleer en afteken waar nodig.
U kan die opsommenderlyste ook deur 'n leerling of komitee laat voltooi met die voorwaarde dat dit gekontroleer en afgeteken word deur die betrokke onderwyser. Die oplaai van dokumentasie en skryfwerk moet deur die betrokke onderwyser gedoen word.
Sommige hoërskole wil graag meer graad 11-12 leerlinge die geleentheid en blootstelling vir deelname gee. U kan dit doen mits u die skoolhoof se toestemming het, en verseker dat daar minstens een inskrywing per graad vir die ander grade is.
Die doel van die kompetisie is juis om jong Afrikaanse skrywerstalent te ontwikkel onder alle taalgroepe en ouderdomsgroepe.
RIG ALLE NAVRAE DEUR DIE SKOOL EN BETROKKE ONDERWYSER (koördinerende onderwyser)
INSKRYWINGS IS GRATIS.
Prysgeld volgens die kategorieë/afdelings:
Pryse (sluitingsdatum 1 September 2025):
Kategorieë: H/S Afrikaans Huistaal en L/S Afrikaans Huistaal en H/S Afrikaans Eerste Addisionele Taal:
Pryse (sluitingsdatum 1 Augustus 2025):
Kategorieë: H/S Afrikaans Huistaal en L/S Afrikaans Huistaal en H/S Afrikaans Eerste Addisionele Taal:
Pryse (sluitingsdatum 1 Augustus 2025):
Multidimensions borg die grafiese kursusse
U KAN DIE ONDERSTAANDE PDF AFLAAI EN/OF UITDRUK VIR MEER INLIGTING OOR DIE KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE. U KAN DIE PDF BLAAI, SKUIF, VERGROOT EN OP 'N RAAKSKERM BEHEER MET U HANDE.
DIE "Opsommenderlys vir die Kreatiewe Skryfkompetisie inskrywings" WAT U SAAM MET DIE SKRYFWERK VIR U SKOOL MOET OPLAAI, IS HIERBY INGESLUIT.
NADAT DIE PDF OOP IS, KAN U DIE DOKUMENT STOOR OP U REKENAAR
U MOET DIE VOLGENDE VIR ONS STUUR:
Skole word vriendelik versoek om die opsommenderlys van leerlinge en skryfwerk van leerlinge in een dokument op te laai (items 1 en 3).
Die handleiding bevat die nodige dokumentasie soos die inskrywingsvorm, prosedure vir die inskrywings, asook die opsommenderlys wat u saam met die die leerlinge se kreatiewe skryfwerk moet oplaai.
OF
Die handleiding bevat die nodige dokumentasie soos die inskrywingsvorm, prosedure vir die inskrywings, asook die opsommenderlys wat u saam met die die leerlinge se kreatiewe skryfwerk moet oplaai.
OF