Beeld in Onderwys glo in die opvoeding en ontwikkeling van die jeug - ons toekoms. In die daaglikse koerant is 'n skatkis van inligting en kennis oor onder andere lewenswaardes en werklikhede wat van onskatbare belang is vir die opvoeding van die jeug. Daar is inligting wat in elke vakgebied benut kan word.
Leer en Presteer fokus op oefenvraestelle met memorandums vir alle grade om leerlinge te help om hul kennis te toets en hul skoolwerk maklik te maak. Ons gee jaarliks 15 uit, 3 per fase Graad R-3, 4-6, 7-9, 10-11 en 12.
En nog n ekstra een met Matriekoefenvraestelle - wat fokus op volledige vraestelle soortgelyk aan die eindeksamen in vakke soos Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese-en Lewenswetenskappe.
Daar is vraestelle sedert 2015 tot op hede beskikbaar vir aankope.
Ons vraestelle word deur ervare onderwysers in die praktyk opgestel vir Beeldskool en is slegs op ons aanlynwinkel beskikbaar:
U kan hierdie items op sosiale media met vriende en familie deel.