Die nooi wat haar Europese skoene daar anderkant uitgeskop het, Indonesiese sokkies aangetrek het en haar vellies hier in Afrika kom vasmaak het; hierdie skat wat ons Afrikaans noem. Chris Chameleon
Ons het gedink om u eie kreatiewe digkunsvaardighede te prikkel met insetsels van bekende digters wie se gedigte deur sangers getoonset is. Hieronder is YouTube insetsels van ons bekendste digters: Ingrid Jonker, Totius, NP van Wyk Louw en Eugene Marais. Die sangers Eva Mouw en Theuns Jordaan slaag daarin om die diep emosies, ritme en betekenis van hierdie digkuns te vergestalt in passende musikale talent. Die samestellers van hierdie blad, insluitende Beeld en die Borge het 'n besondere liefde vir die Afrikaanse Taal en al sy kunsvorme. Afrikaans draaikolk in ons en tol in ons. Afrikaans, "dit is ons erns", in die woorde van dr DF Malan.
Op die bladskakels sal u die volgende vind om aan die kompetise deel te neem:
Die Kreatiewe Skryfwerk vir poësie word eenmalig ingedien (opgelaai) en die sluitingsdatums is soos volg:
17 Junie 2024
Deur hierdie vorm te voltooi bevestig u as vakonderwyser dat u Skoolhoof kennis dra van die kompetisie deelname en sy/haar goedkeuring wegdra.
ITEMS MET ROOI ASTERISK WORD VEREIS *
U moet die opsommender lys vir u skool apart versend na e-Beeldskool saam met al die inskrywings in PDF-formaat. Dit is 'n belangrike kontrole vir ons. Slegs elektroniese versendings. U stuur dus die volgende:
1. Die skool inskrywingsvorm (per e-pos)
2. Die opsommenderlys van leerders per skool (per e-pos)
3. Die elektroniese registrasie per leerder (voltooi op die webblad)
4. Die leerders se skryfwerk (per e-pos)(plaas die leerder se naam en die skool op die skryfstuk)
Kreatiewe Skryfwerk wat tussen Januarie 2021 en 31 Augustus 2021 geskryf is, kan ingeskryf word.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 6 September 2021 en moet ons verkieslik voor die datum bereik.
Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie gevoer word nie.
1. Daar moet 'n opsommender lys van al die inskrywings ingestuur word. Die lys is aangeheg by die aflaaivorms.
2. Dit is vir kontrole.
3. Die skool kan die beste werk van slegs 3 leerders per graad inskryf. (Dus, slegs 3 skryfstukke per graad) (Nie per klas nie)
LET WEL:
Skole skryf hul beste leerders se Kreatiewe Skryfwerk in.
Drie (3) beste leerders per graad en slegs een skryfstuk per leerling
Dit moet getik wees en dit moet ook elektronies in pdf-formaat gestuur word na:
skool@ebeeldskool.co.za
Beeld gee nie individuele terugvoer aan skole of leerders nie, maar algemene terugvoer en wenke sal na afloop van die kompetisie beskikbaar gestel word.
BEPALINGS EN VOORWAARDES
TEGNOLOGIESE VEREISTES is die Skool se verantwoordelikheid en Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelykheid vir inskrywings wat ons nie bereik nie vir watter rede ook al.
Poësie: Kreatiewe Skryfwerk wat tussen Januarie en Julie 2025 geskryf is, kan ingeskryf word.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Augustus 2025 en moet ons verkieslik voor die datum bereik.
Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie gevoer word nie.
U moet die leerlinge en onderwysers op ons webtuiste elektronies inskryf/registreer by die toepaslike afdeling.
Die kreatiewe skryfwerk moet getik wees en dit moet ook elektronies opgelaai word in PDF-formaat.
Die handleiding met die nodige vorms vir deelname is onderaan die blad (die voltooide opsommenderlys moet ook elektronies opgelaai word op die spesifieke oplaai-area van 'n afdeling). Dit moet die voorblad van u oplaaidokument wees.
Die skool kan die beste werk van slegs 3 leerlinge per graad inskryf. (Dus, slegs 3 skryfstukke per graad) (Nie per klas nie). Vyftien (15) leerlinge per hoërskool en twaalf (12) leerlinge per laerskool kan ingeskryf word.**
Die skool kan die beste werk van slegs tien (10) onderwysers inskryf.**
Hierdie afdeling vir leerlinge en deelnemende onderwysers moet deur die skool bestuur, geverifieer en opgelaai word.
Gedigte mag nie korter as 14 reëls wees nie en die maksimum is 40 reëls.
Beeld gee nie individuele terugvoer aan skole, onderwysers, ouers of leerlinge nie, maar algemene terugvoer en wenke sal na afloop van die kompetisie beskikbaar gestel word.
BEPALINGS EN VOORWAARDES
TEGNOLOGIESE VEREISTES is die skool se verantwoordelikheid en Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelykheid vir inskrywings wat ons nie bereik nie vir watter rede ook al.
Alle inskrywings bly die besit van Beeld en behou die reg om unieke skryfwerk van leerlinge en onderwysers te publiseer (in die koerant en of in boekformaat), met naam-erkenning aan die skrywers daarvan, sonder enige verdere verpligting teenoor die individuele skrywers. Deur in te skryf, verbind u uself aan hierdie bepaling en voorwaarde.
Deur vir die kompetisie in te skryf, waarborg die deelnemer dat hy of sy die alleeneienaar van die skryfwerk en die enigste kopiereg-eienaar van die inhoud van die kreatiewe skryfwerk (materiaal) is. Slegs ongepubliseerde werk kom in aanmerking vir hierdie kompetisie en deelnemers moet die verklaring(s) op die aanlyn indieningsvorm afmerk wat sertifiseer dat hul inskrywing hul eie, oorspronklike ongepubliseerde inskrywing/werk is en ook nie kunsmatig gegenereer is nie. Beeld behou die reg om wenners se skryfwerk aan hierdie riglyn te verifieer. Beeld en die beoordelaarspaneel behou die eksklusiewe reg voor om skryfstukke wat nie ’n leerling/onderwyser se eie oorspronklike werk is nie, of op enige kunsmatige wyse gegenereer is, na eie goeddunke te diskwalifiseer. Beeld behou die reg om kompetisiereëls te verander of te wysig sonder kennisgewing.
Die handleiding bevat die nodige dokumentasie soos die inskrywingsvorm, prosedure vir die inskrywings, asook die opsommenderlys wat u saam met die die leerlinge se kreatiewe skryfwerk moet oplaai.
OF