Baie, baie dankie vir die wonderlike geleentheid wat BEELD aan ons kinders bied om hulle kreatiewe skryfwerk te bevorder. Dit was die eerste keer wat ons kinders aan die kompetisie deelgeneem het en hulle is so opgewonde oor hulle uitslae. Afrikaans is nie hulle huistaal nie en ons is super trots op hulle! Ons sien sommer al klaar uit na volgende jaar se kompetisies!
–
Adele Holdt - Southdown College (Departementshoof: Afrikaans)