Hierdie is slegs 'n skermgreep van die uitslae op Netwerk24 se webtuiste. Die volledige artikel kan op Netwerk24 gelees word met foto's van die wenners en hulle wengedigte. Intekenare kan op hierdie skakel druk om die volledige artikel te lees:
NETWERK24 KREATIEWE SKRYFKOMPETIESE
Andersins kan die volgende bronadres (URL) vir u spesifieke internetblaaier gebruik word:
https://www.netwerk24.com/nuus/mense/kreatiewe-skryfkompetisie-poesie-talent-van-alle-uithoeke-van-land-20250901-0162
U kan 'n intekenaar van NETWERK24 word en ALLES OP EEN PLEK lees en luister. U kan ook NETWERK24 se toep (APP) op u mobiele foon aflaai en sodoende wêreldwyd op hoogte van nuusgebeure bly.
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Wenners
Puntegroepering
Netwerk24 in samewerking met eBeeldskool en Dieburgerskool het 'n omvattende proses gevolg om KI (Kunsmatige Intelligensie) en plagiaat uit te skakel by veral die wenners. Verder was die res van die skryfwerk aan 'n ewekansige steekproefbasis onderwerp vir toetsing, of waar daar indikasies was.
Ongelukkig is daar wel 'n paar gevalle waar leerlinge die kortpad via KI probeer neem het. Hierdie inskrywings is suksesvol geïdentifiseer. Ons is bevoorreg om oor ‘n ervare beoordelingspaneel en moderatorspan te beskik, bestaande uit kundige en ervare Afrikaanse onderwysers, wat beide plagiaat en KI-gebruik met groot doeltreffendheid kan opspoor.
Ons doel bly egter om leerlinge aan te moedig om self, kreatief en met trots in Afrikaans te skryf.
Behalwe dat ons jong skryftalent wil ontwikkel, wil ons ook die totale ontwikkeling van ons jongmense bevorder - dit sluit morele ontwikkeling in en die skep van werk wat eie aan die skrywers en hulle eie skeppende woordkuns is. Ons het 'n zero-toleransie beleid teenoor die gebruik van KI in die kompetisie.
Belangrike etiese en regsaspekte betreffende die gebruik van Kunsmatige Intelligensie (KI) in skryfwerk
Netwerk24 in samewerking met eBeeldskool en Dieburgerskool het 'n omvattende proses gevolg om KI (Kunsmatige Intelligensie) en plagiaat uit te skakel by veral die wenners. Verder was die res van die skryfwerk aan 'n ewekansige steekproefbasis onderwerp vir toetsing, of waar daar indikasies was.
Die gebruik van Kunsmatige Intelligensie (KI) sonder om dit eksplisiet te verklaar of aan te dui, is nie slegs oneties nie, maar kan in sekere gevalle ook as plagiaat beskou word. Hierdie praktyk hou bepaalde etiese sowel as regsimplikasies in — nie net vir die leerder nie, maar ook vir die ouers of voogde van minderjarige deelnemers.
Volgens die Suid-Afrikaanse reg beskik minderjariges oor beperkte of geen kontraktuele bevoegdheid nie. Wanneer leerders dus rekeninge open op platforms wat KI aanbied, word daar dikwels kontraktuele ooreenkomste aangegaan. In die afwesigheid van ouerlike toestemming of toesig, kan sodanige ooreenkomste as onwettig beskou word. Boonop vereis hierdie platforms dikwels persoonlike inligting, wat dan moontlik die bepalings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) kan skend.
Hoewel digitale geletterdheid en die verantwoordelike gebruik van KI deesdae noodsaaklik is, word daar ongelukkig nie binne die raamwerk van hierdie spesifieke kompetisie voorsiening gemaak daarvoor nie.
Indien leerders inhoud gebruik wat deur KI geskep is — veral waar dit op bestaande tekste van ander skrywers gebaseer is — ontstaan daar ook die moontlikheid van oortredings van die Wet op Outeursreg. Verskeie wetlike bepalings is dus van toepassing op die gebruik van KI in skryfwerk.
Die gebruik van KI in hierdie skryfkompetisie is ontoelaatbaar. In plaas daarvan moedig ons leerders aan om oorspronklike werk in Afrikaans aan te bied. Ons verwelkom ook graag die deelname van leerders vir wie Afrikaans as Eerste Addisionele Taal dien — hierdie kompetisie bied 'n unieke geleentheid om hul vaardighede in Afrikaanse skryfkuns verder te ontwikkel en om Afrikaans verder te bemeester.
Ons wil leerders daarop wys dat 'n gedig wat oorspronklik in Engels geskryf is en daarna na Afrikaans vertaal is — met of sonder die hulp van 'n KI-instrument — nie as oorspronklike Afrikaanse werk beskou word nie. Ons kan sulke vertalings of KI-gebruik maklik identifiseer. Die gebruik van Google se vertalingsinstrumente is nie oorspronklike werk nie en grens aan KI-gebruik.
Netwerk24 (in samewerking met eBeeldskool en Dieburgerkool) en die beoordelingspan het verskeie voorsorgmaatreëls, tegnieke en hulpmiddels tot hul beskikking waarmee die gebruik van KI in deelnemende skryfwerk opgespoor kan word. Aangesien die proses om KI-gebruik akkuraat te identifiseer baie tydrowend is, het ons ‘n toegewyde span wat die werk van finaliste en potensiële wenners deursoek en evalueer. Indien daar enige aanduiding van KI-gebruik gevind word, sal die betrokke inskrywing in rangorde afskuif met deur die punt te penaliseer. Ander inskrywings word op 'n steekproefbasis getoets, veral waar daar sterk vermoedens van KI-gebruik bestaan. Waar pryse tersprake is, word sodanige werk volledig aan ons toetsing en ondersoeke onderwerp.
Ongelukkig is daar wel 'n paar gevalle waar leerders weer die kortpad via KI probeer neem het. Hierdie inskrywings is suksesvol geïdentifiseer. Ons is bevoorreg om oor ‘n ervare beoordelingspaneel en moderatorspan te beskik, bestaande uit kundige en ervare Afrikaanse onderwysers, wat beide plagiaat en KI-gebruik met groot doeltreffendheid kan opspoor.
Ons doel bly egter om leerders aan te moedig om self, kreatief en met trots in Afrikaans te skryf.
Behalwe dat ons jong skryftalent wil ontwikkel, wil ons ook die totale ontwikkeling van ons jongmense bevorder - dit sluit morele ontwikkeling in en die skep van werk wat eie aan die skrywers en hulle eie skeppende woordkuns is. Ons het 'n zero-toleransie beleid teenoor die gebruik van KI in die kompetisie.